Hoofstuk 21 Die Amlikiete Amliki was ʼn slim, bose man wat koning van die Nefiete wou wees. Hy het baie volgelinge gehad. Alma 2:1–2 Die regverdige Nefiete wou nie hê dat Amliki hul koning word nie. Hulle het geweet dat hy God se Kerk wou vernietig. Alma 2:3–4 Die Nefiete het in verskeie groepe bymekaar gekom om te besluit of Amliki koning moes wees. Meeste van die mense het teen Amliki gestem, en hy het nie koning geword nie. Alma 2:5–7 Amliki en sy volgelinge het kwaad geraak. Hulle het die Nefiete verlaat, Amliki hul koning gemaak, en hulself die Amlikiete genoem. Amliki het hulle beveel om teen die Nefiete te veg. Alma 2:8–11 Die regverdige Nefiete het voorberei om hulself met pyle en boë, swaarde, en ander wapens te verdedig. Alma 2:12 Die Amlikiete het aangeval, en die Nefiete, wat deur Alma gelei en deur die Here versterk is, het baie van hulle doodgemaak. Die res van die Amlikiete het weggehardloop. Alma 2:15–19 Alma het spioene gestuur om die Amlikiete dop te hou. Die spioene het gesien hoe hulle by ʼn groot Lamanitiese leër aansluit en Nefiete, wat naby Zarahemla woon, aanval. Alma 2:21, 24–25 Die Nefiete het gebid, en God het hulle weer gehelp. Hulle het baie van die soldate van die Lamaniete-Amlikiete leër doodgemaak. Alma 2:28 Alma en Amliki het met swaarde teen mekaar geveg. Alma het gebid dat sy lewe gespaar moes word, en God het hom krag gegee om Amliki dood te maak. Alma 2:29–31 Die Nefiete het die Lamaniete en Amlikiete die wildernis ingejaag. Baie van die gewondes het daar doodgegaan en is deur die wilde diere verslind. Alma 2:36–38 Net soos die Lamaniete, het die Amlikiete hulself met rooi gemerk, wat ʼn profesie vervul het. Die Amlikiete het hulself geskei van die seëninge van die evangelie. Alma 3:4, 14, 18–19