Hoofstuk 26 Die VOLK van Ammon Die seuns van Mosia het die evangelie aan die Lamaniete verkondig. Duisende Lamaniete het bekeer en by die Kerk aangesluit. Alma 23:4–5 Daardie Lamaniete wat by die Kerk aangesluit het, het hulleself die Anti-Nefi-Lehi’s genoem, of die volk van Ammon. Hulle was goeie, hardwerkende mense. Alma 23:17–18; 27:26 Die Lamaniete wat nie bekeer het nie was kwaad vir die mense van Ammon en het gereedgemaak om teen hulle te veg. Alma 24:1–2 Die volk van Ammon het geweet dat die bose Lamaniete sou kom om hulle dood te maak, maar het besluit om nie terug te veg nie. Hulle het bekeer van hulle moorde. Alma 24:5–6 Hulle het hulle wapens diep in die aarde begrawe en God belowe dat hulle nooit weer sou doodmaak nie. Alma 24:17–18 Toe die bose Lamaniete opdaag en begin om die mense dood te maak, het hulle op die grond neergekniel en begin bid. Alma 24:21 Aangesien die mense van Ammon nie wou terugveg nie, het baie van die bose Lamaniete opgehou om hulle dood te maak. Alma 24:23–24 Die Lamaniete was jammer omdat hulle mense doodgemaak het. Hulle het hulle wapens neergegooi en by die volk van Ammon aangesluit. Hulle wou nie meer veg nie. Alma 24:24–27 Nog meer Lamaniete het gekom om die volk van Ammon dood te maak. Hulle wou nog steeds nie terugveg nie, en nog meer is doodgemaak. Alma 27:2–3 Ammon het gebid om hulp want hy wou nie hê dat die mense wat hy liefgehad het, vernietig word nie. Die Here het vir hom gesê om sy volk te neem en die land te verlaat. Alma 27:4–5, 10–12 Die Nefiete van Zarahemla het Ammon en sy volk die land van Jerson gegee en hulle beskerm. Hulle het vriende geword. Alma 27:22–23