Verhale uit die Skrifture
Hoofstuk 36: Hagot


Hoofstuk 36

Hagot

Nefiete op ʼn reistog

Ongeveer 55 jaar voor die geboorte van Jesus Christus het duisende Nefitiese mans, vroue en kinders Zarahemla verlaat en noordwaarts gereis.

Hagot bou ʼn groot skip

Een van hulle, ʼn man genaamd Hagot, het ʼn groot skip gebou en dit in die westelike see te water gelaat.

Nefiete pak groot skip

Baie Nefiete het kos en voorrade geneem en noordwaarts geseil in sy skip.

boot op water

Hagot het toe ander skepe gebou wat mense na ʼn land noordwaarts geneem het. Die eerste skip het teruggekeer en nog meer mense kom oplaai.

twee skepe op water

Een ander skip het weggeseil. Nie een van die skepe het weer teruggekom nie, en die Nefiete het nooit geweet wat van die mense geword het nie.