Verhale uit die Skrifture
Hoofstuk 20: Alma en Nehor


Hoofstuk 20

Alma en Nehor

Alma die Jongere saam met andere

Voordat Koning Mosia gesterf het, het die Nefiete regters gekies om hulle te lei. Alma die Jongere het die eerste hoofregter geword. Hy was ook die leier van die Kerk.

Nehor leer leuens

ʼn Groot, sterk man genaamd Nehor het begin om hulle onwaarhede te leer. Hy het gesê dat almal gered sal word of hulle nou goed of sleg was. Baie mense het Nehor geglo.

Gideon en Nehor

Nehor het teen God se Kerk gepreek, maar ʼn regverdige man genaamd Gideon het dit verdedig. Nehor het met Gideon gestry, maar Gideon het met die woorde van God gepraat.

Nehor dood Gideon

Nehor het kwaad geraak, sy swaard uitgetrek en Gideon doodgemaak.

Nehor word na Alma geneem

Nehor is na Alma geneem om geoordeel te word. Nehor het homself met grootmoedigheid verdedig.

Alma en Nehor

Maar Alma het gesê dat Nehor skuldig was omdat hy die mense geleer het om boos te wees en omdat hy Gideon doodgemaak het.

Alma

Alma het gesê dat Nehor gestraf moes word omdat hy Gideon doodgemaak het. Volgens die wet, moes Nehor sterf.

Nehor word tereggestel

Nehor is na ʼn nabygeleë heuwel geneem en tereggestel. Voordat hy gesterf het, het hy bely dat alles wat hy geleer het, leuens was. Maar baie mense het aangehou om Nehor se bose leringe te glo.

mense word  gespot

Hierdie mense was lief vir rykdom en wou nie God se gebooie onderhou nie. Hulle het die spot gedryf met lede van die Kerk en met hulle gestry en baklei.

paartjie word bespot

Die regverdige mense het aangehou om die gebooie te onderhou en het nie gekla nie alhoewel Nehor se volgelinge hulle seergemaak het.

mans deel

Die lede van die Kerk het alles wat hulle gehad het met die armes gedeel, en hulle het vir die siekes gesorg. Hulle het die gebooie onderhou, en God het hulle geseën.