Hoofstuk 51 Die Jerediete Reis na die Beloofde Land Terwyl die Jerediete by die see gekamp het, het Jered se broer vergeet om te bid. Die Here het hom in ʼn wolk besoek om vir hom te sê om te bekeer. Ether 2:14 Jered se broer het bekeer en gebid. Die Here het Jered se broer vergewe maar gesê hy moet nie meer sondig nie. Ether 2:15 Die Here het vir Jered se broer gesê om bote te bou om sy mense na die beloofde land te neem. Ether 2:16 Die Here het vir Jered se broer gesê hoe om die bote te bou. Ether 2:16–17 Die bote is lugdig gebou sodat geen water daarin kon kom nie. Ether 2:17 Jered se broer het gewonder hoe die mense lug sou kry om asem te haal in die bote. Hy het die Here gevra wat hy moes doen. Ether 2:19 Die Here het vir hom gesê om ʼn gat in die dak en die vloer van elk van die bote te maak. Die gat kon oopgemaak word om lug in te laat, en toegemaak word om water uit te hou. Ether 2:20 Jered se broer het vir die Here gesê dat dit donker was binne in die bote. Die Here het vir hom gesê om aan ʼn manier te dink om lig te hê binne die bote. Ether 2:22–23 Die lig in die bote kon nie van vuur of vensters kom nie, omdat dit sou breek. Ether 2:23 Jered se broer het na ʼn berg gegaan en 16 klein klippies gevorm uit ʼn rots. Die klippies het soos helder glas gelyk. Hy het twee klippies vir elkeen van die agt bote gemaak. Ether 3:1 Jered se broer het die klippies tot bo-op ʼn berg gedra. Daar het hy tot die Here gebid. Ether 3:1 Jered se broer het vir die Here gevra om die klippies aan te raak sodat hulle lig sou gee aan die binnekant van die bote. Ether 3:4 Die Here het elke klippie met sy vinger aangeraak. Ether 3:6 Omdat Jered se broer groot geloof gehad het, het hy die vinger van die Here gesien. Dit het soos ʼn mens se vinger gelyk. Ether 3:6, 9 Die Here het homself toe aan Jered se broer gewys. Ether 3:13 Jesus het gesê dat daardie mense wat in Hom glo, die ewige lewe sal beërwe. Ether 3:14 Jesus het Jered se broer onderrig en baie dinge gewys. Jesus het gesê hy moet alles neerskryf wat hy gesien en gehoor het. Ether 3:25–27 Jered se broer het die klippies van die berg afgedra. Hy het een klippie in elke punt van elke boot gesit. Hulle het lig in die bote verskaf. Ether 6:2–3 Die Jerediete het aan boord gegaan met hulle diere en kos. Die Here het ʼn sterk wind laat waai om die bote na die beloofde land te waai. Ether 6:4–5 Die Here het hulle op die rowwe see beskerm. Hulle het die Here gedank en lofsange tot Hom gesing. Ether 6:6–10 Na 344 dae op die water, het die bote aan die kus van die beloofde land geland. Ether 6:11–12 Toe die Jerediete by die bote uitgekom het, het hulle neergekniel en gehuil van vreugde. Ether 6:12 Die Jerediete het huise gebou en oeste geplant in die beloofde land. Hulle het hul kinders geleer om na die Here te luister en sy woorde te gehoorsaam. Ether 6:13–18