Verhale uit die Skrifture
Hoofstuk 16: Koning Limhi en Sy Volk Ontsnap


Hoofstuk 16

Koning Limhi en Sy VOLK Ontsnap

Lamaniete hou mense in die veld dop

Die Lamaniete het baie mense wat nie saam met Koning Noag ontsnap het nie gevange geneem. Die Lamaniete het hulle weggeneem en het vir hulle land gegee maar het hulle swaar belasting laat betaal.

Koning Limhi

Die Nefiete het Limhi hulle nuwe koning gemaak. Limhi was Koning Noag se seun, maar hy was nie goddeloos soos sy vader nie. Hy was ʼn goeie man.

Lamaniet slaan Nefiete met ʼn sweep

Koning Limhi het probeer om vrede te maak met die Lamaniete, maar hulle het aangehou om die Nefiete te bewaak en om hulle wreed te behandel.

Nefiete word gevange geneem

Eendag het Koning Limhi vreemdelinge buite die stad gesien. Hy het hulle in die tronk gegooi. Die vreemdelinge was Nefiete vanaf Zarahemla.

Ammon praat met Limhi

Hulle leier se naam was Ammon. Koning Limhi was bly om hom te sien. Hy het geweet dat Ammon sy volk kon help om te ontsnap van die Lamaniete.

Koning Limhi praat met sy volk

Koning Limhi het sy volk bymekaargeroep. Hy het hulle herinner dat hulle eie goddeloosheid die rede was hoekom hulle deur die Lamaniete gevange gehou was.

Limhi praat

Hy het vir sy volk gesê om te bekeer, op God te vertrou en die gebooie te onderhou. Dan sou God hulle help ontsnap.

Lamaniete praat

Die Nefiete het uitgevind dat die Lamaniete wat die stad bewaak gewoonlik snags dronk geword het.

Nefiete neem wyn na die wagte toe

Daardie nag het Koning Limhi ekstra wyn aan die wagte gestuur as ʼn geskenk.

Limhi en sy volk ontsnap

Koning Limhi en sy volk kon verby die dronk wagte loop en ontsnap.

mense word in Zerahemla verwelkom

Ammon het Koning Limhi en sy volk deur die wildernis na Zerahemla gelei, waar hulle verwelkom is.