Hoofstuk 15 Alma Onderrig en Doop Alma het van Koning Noag se diensknegte ontsnap en vir baie dae weggekruip. Terwyl hy weggekruip het, het hy neergeskryf wat die profeet Abinadi hulle geleer het. Mosia 17:3–4 Alma het van sy sondes bekeer en in die geheim na die Nefiete gegaan en hulle Abinadi se boodskap geleer. Alma het die mense vertel om geloof in Jesus Christus te hê en te bekeer. Mosia 18:1, 7 Gedurende die dag het Alma weggekruip in ʼn bos bome naby ʼn poel wat die Waters van Mormon genoem is. Mosia 18:5. Diegene wat Alma se leringe geglo het, het na die Waters van Mormon gegaan en is gedoop. Alma het 204 mense in die Kerk van Christus gedoop. Mosia 18:8–10, 16–17 Alma het priesters geordineer om die mense te leer. Hy het vir die priesters vertel om bekering en geloof in Jesus Christus te leer. Hy het ook gesê dat hulle nie moet stry nie maar verenig moet wees. Mosia 18:18, 20–21 Alma se volk het mekaar liefgehad en gedien. Hulle het alles wat hulle gehad het gedeel, en was dankbaar om van Jesus Christus, hulle Verlosser, te leer. Mosia 18:29–30 Koning Noag se diensknegte het gesien dat Alma die mense leer. Die koning het gesê dat Alma die Nefiete teen hom gedraai het, toe stuur hy ʼn leër om hulle dood te maak. Mosia 18:32–33 God het Alma gewaarsku dat Koning Noag se leër op pad was. Die mense het hulle families, diere, en ander besittings bymekaar gemaak en die wildernis in gevlug. Mosia 18:34; 23:1 God het Alma se volk versterk sodat hulle van Koning Noag se leër kon ontsnap. Die leër het hulle gesoek maar het hulle nooit gevind nie. Mosia 19:1; 23:2 Nadat hulle vir agt dae in die wildernis gereis het, het Alma se volk by ʼn pragtige area gekom waardeur suiwer water gevloei het. Hier het hulle graan geplant en geboue gebou. Mosia 23:3–5 Die volk wou hê dat Alma hulle koning moes wees, maar Alma het gesê dat God nie wou hê dat hulle ʼn koning moes hê nie. God wou hê dat hulle vry moes wees. Mosia 23:6–7, 13